Waar kom hierdie spreekwoord of segswyse vandaan?
Op 'n reënerige dag tuis of in die klaskamer kan Spreekwoorde en ander segswyses met groot vrug ontgin word. Kom ons neem die spreekwoord te dik vir 'n daalder as voorbeeld.
Wys vir die leerder dat Spreekwoorde agterin 'n uitgebreide lys konsepwoorde bevat (Afrikaans en Engels) wat hulle lei na die spreekwoorde en ander segswyses. Of anders kan die alfabetiese trefwoorde voor in die boek gebruik word as jy 'n idee het waarna jy soek. Om dus die spreekwoord Dis 'n bietjie (of darem) te dik vir 'n daalder te kry, gaan soek mens die trefwoord dik. Onder dik kry jy sewe inskrywings (almal interessant), maar dik 2 gee jou wat jy soek. In die blou kommentaarblok kry jy die verklarende aantekeninge wat kan lei tot 'n hele werkstuk oor geldeenhede. Dit gee 'n interessante uitleg van die oorsprong van geldname. Dink net wat 'n leerder alles met hierdie inligting en die internet sal kan uitrig. Dit kan lei tot 'n mondeling, 'n muntuitstalling, 'n opstel en/of 'n uitgebreide klasprojek. Mens kan by politiek ook gaan draai: pond of euro – was Brexit 'n fout?
Dieselfde kan gedoen word met:
Antjie 1
bohaai
boontjie 4
Ferreira
kat 29
koel 1
land 4
olifant 2 en 3
Saterdag 1
staldeur
tweeling
Die moontlikhede is legio!
Comments