Begrippe of konsepte wat baie spreekwoorde met hulle geassosieer het
- Leon de Stadler
- Nov 13, 2022
- 1 min read
Hierdie oefening is 'n oefening in nadenke en is veral bedoel vir senior leerders.
As mens die indeks van Spreekwoorde en ander segswyses bekyk, sien jy die alfabetiese lys van begrippe of konsepte en die spreekwoorde wat met hulle geassosieer word. 'n Nadere analise bring aan die lig dat daar sommige begrippe of konsepte is wat veel meer spreekwoorde onder hulle gelys het as ander. Lees, wat hierdie verskynsel betref, ook die blog Dat 'n indeks nou tog só interessant kan wees hier. In die blog word verskeie van hierdie begrippe of konsepte gelys.
Hier is die vraag om 'n bietjie nadenke dan - terloops 'n vraag wat in bg. blog net gesuggereer word, maar nie behoorlik beantwoord word nie: Waarom sal sommige begrippe of konsepte nou so opvallend meer spreekwoorde met hulle geassosieer hê as ander?
Die oefening help leerders om in die eerste plek die rol van 'n indeks in hierdie tipe woordeboek te ontdek, maar dit bied dan 'n heerlike geleentheid vir gesprek of debat.
Recent Posts
See AllHierdie oefening stimuleer kreatiwiteit en moedig leerders aan om 'n bietjie rond te delf in 'n spreekwoordeboek. Die opdrag is iets...
Comentarios